印度专家:精准扶贫好 “荒茅”变“花茂”
Pous Johannes Paulus II | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Geboortenaam | Karol Józef Wojty?a |
Pontifikaat begin | 16 Oktober 1978 |
Pontifikaat eindig | 2 April 2005 |
Voorganger | Johannes Paulus I |
Opvolger | Benedictus XVI |
Gebore | Wadowice, Pole | 18 Mei 1920
Sterf | 2 April 2005 (op 84) Vatikaanstad |
Ander pouse genaamd Johannes Paulus |
Sint pous Johannes Paulus II | |
---|---|
Gebore | 18 Mei 1920, Wadowice, Pole |
Sterfte | 2 April 2005, Vatikaanstad |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Saligverklaring | 1 Mei 2011, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Benedictus XVI |
Heiligverklaring | 27 April 2014, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Franciskus |
Feesdag | 22 Oktober |
Attribute | Pouslike Ferula, pouslike klere |
Beskermheilige | Krakow, Pole, Wêreldjeugdag, jong Katolieke, ?widnica,[1] gesinne,[2] Wêreldvergadering van Gesinne 2015 |
Pous Johannes Paulus II (Latyn: Ioannes Paulus II, Italiaans: Giovanni Paolo II; Pools: Jan Pawe? II; gebore as Karol Józef Wojty?a, [?kar?l ?juz?v?v?j?t?wa], in Wadowice, Pole, op 18 Mei 1920 – oorlede op 2 April 2005 in die Vatikaanstad) was die 264ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad van 16 Oktober 1978 tot sy dood op 2 April 2005. Hy was die eerste nie-Italiaanse pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 455 jaar (naamlik sedert die pontifikaat van die Nederlandse pous Adrianus VI in 1523), en die eerste Slawiese pous in die geskiedenis. Sy pontifikaat was die op twee na die langste in die geskiedenis (na dié van Simon Petrus en pous Pius IX). Die naam Johannes beteken "God is genadig" en Paulus beteken "die kleintjie". Tot die verkiesing was Karol Józef Wojty?a aartsbiskop en kardinaal-priester van Krakow.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Johannes Paulus II is gebore as Karol Józef Wojty?a op 18 Mei 1920 in Wadowice, Pole. Hy was die jongste seun van Karol Wojty?a en Emilia Wojty?a. Wojty?a word op 1 November 1946 (Allerheilige) deur aartsbiskop van Krakow, Adam Stefan Sapieha, tot priester gewy. Op 23 November 1946 promoveer hy summa cum laude met 'n proefskrif oor die geloofsleer van Sint Johannes van die Kruis. Op 28 September 1958 word hy biskop van Krakow en op 13 Januarie 1964 word hy aartsbiskop van Krakow. Hy word op 26 Junie 1967 kardinaal-priester met San Cesareo in Palatio as titelkerk. Op 16 Oktober 1978 volg hy pous Johannes Paulus I op en regeer tot sy dood op 2 April 2005. Hy word opgevolg deur pous Benedictus XVI. Pous Johannes II het homself genoem na sy voorganger Johannes Paulus I en dié se naam is 'n saamvoeging van sy twee voorgangers se name.[3]
Kerklike loopbaan
[wysig | wysig bron]- 1 November 1946 – tot priester gewy
- 28 September 1958 – tot biskop gewy
- 13 Januarie 1964 – aartsbiskop van Krakow
- 26 Junie 1967 – kardinaal-priester van San Cesareo in Palatio
- 16 Oktober 1978 – pous van Rome
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]

9+ besoeke
8 besoeke
7 besoeke
5 besoeke
4 besoeke
3 besoeke
2 besoeke
1 besoek
0 besoeke

Ná pous Johannes Paulus I se kort bewind van slegs 33 dae is in Oktober 1978 'n konklaaf gehou, waartydens die kardinale Wojty?a ná twee dae se konklaaf op 16 Oktober 1978 gekies het. Wojty?a het die naam Johannes Paulus II gekies om aan te dui dat hy die werk van sy voorganger wou voortsit. Sy bewind van meer as 26 jaar is gekenmerk deur die laaste fase van die Koue Oorlog, die bewindsverandering in die Sowjetunie onder Michail Gorbatsjof (glasnost en perestroika), die verbrokkeling van die Oosblok, die oopmaak van die Ystergordyn in 1989, die omverwerping van byna al die Kommunistiese diktature in Sentraal-Europa, die einde van die Koue Oorlog, die Ontbinding van die Sowjetunie, die Ontbinding van Joego-Slawi? en die gepaardgaande oorlo?, die Aanvalle op 11 September 2001 en die daaropvolgende oorlo? in Afghanistan en Irak.
Johannes Paulus II het meer op die publiek gefokus as sy voorgangers, nie vir die massamedia geskrik nie en hy is soms "mediapous" genoem. In vergelyking met sy voorgangers is hy as 'n buitengewone verskynsel beskou. Dit veral omdat hy die "jongste pous in die 20ste eeu" en "die eerste Slawiese pous" was asook oor "'n bre? kennishorison“, "'n sterk charisma" en 'n dro? sin vir humor beskik het, waarmee hy "beide massas kon inspireer en ook in 'n persoonlike gesprek kon oortuig".[4]
Die kollege van kardinale
[wysig | wysig bron]Pous Johannes Paulus II het 231 nuwe kardinale aangestel in nege konsistories, meer as enige ander pous ooit.[5]
Saligverklarings
[wysig | wysig bron]Heiligverklarings
[wysig | wysig bron]Ensiklieke
[wysig | wysig bron]- Redemptor hominis ("Verlosser van die mens", 2 Maart 1979)
- Dives in misericordia ("Ryk in barmhartigheid", 30 November 1980)
- Laborem exercens ("Op menslike werk", 14 September 1981)
- Slavorum Apostoli ("Apostels van die Slawi?rs", 2 Junie 1985)
- Dominum et vivificantem ("Die heer en gewer van lewe", 18 Mei 1986)
- Redemptoris Mater ("Moeder van die verlosser"", 25 Maart 1987)
- Sollicitudo rei socialis ("Die sosiale kommer", 30 Desember 1987)
- Redemptoris Missio ("Missie van die verlosser", 7 Desember 1990)
- Centesimus annus ("Honderdste jaar", 1 Mei 1991)
- Veritatis Splendor ("Die prag van waarheid", 6 Augustus 1993)
- Evangelium Vitae ("Die evangelie van die lewe, 25 Maart 1995)
- Ut unum sint ("Dat hulle almal een mag wees", 25 Mei 1995
- Fides et Ratio ("Geloof en rede", 14 September 1998)
- Ecclesia de Eucharistia ("Kerk van die Eucharistie, 17 April 2003)
Verering
[wysig | wysig bron]Op 1 Mei 2011 is Johannes Paulus II deur sy opvolger pous Benedictus XVI salig en op 27 April 2014 deur pous Franciskus heilig verklaar. Sy feesdag is op 22 Oktober.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "John Paul II proclaimed the patron saint of ?widnica". 9 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Mei 2014.
- ↑ (en) "St. John Paul II, the patron saint of families". 27 April 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Mei 2014.
- ↑ (en) "St. John Paul II". Encyclop?dia Britannica. Besoek op 9 Mei 2025.
- ↑ (de) Matthias Drobinski, Thomas Urban (2020). "Charisma und spontane Begegnungen". Johannes Paul II. Der Papst, der aus dem Osten kam. München: C. H. Beck. pp. 143–149. ISBN 978-3-406-74936-0.
- ↑ (it) "Il Collegio Cardinalizio Statistiche". Heilige Stoel. 31 Januarie 2014. Besoek op 9 Mei 2025.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Pous Johannes Paulus II. |
- (en) Biografie van pous Johannes Paulus II op die amptelike webwerf van die Heilige Stoel
- (en) Inskrywing in die Catholic Hierarchy (in Engels)
- (en) "St. John Paul II". Encyclop?dia Britannica. Besoek op 9 Mei 2025.
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Eugeniusz Baziak |
Aartsbiskop van Krakow 1964–1978 |
Opgevolg deur Franciszek Macharski |
Voorafgegaan deur Francesco Bracci |
Kardinaal-priester van San Cesareo in Palatio 1967–1978 |
Opgevolg deur Andrzej Maria Deskur |
Voorafgegaan deur Johannes Paulus I |
Pous (Pontifex Maximus) 1978–2005 |
Opgevolg deur Benedictus XVI |